Besprekingsvrae en antwoorde vir omgeegroepe na
aanleiding van die preek op 16 Maart 2014:
Lees saam: Openbaring 22: 1 tot 5 Tema: Die Godstad: waar Hy alles gee en oor alles
tevrede is
“... die
boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte ...” (Openbaring 22:2)
Besprekingsvrae:
- Noem voorbeelde
van probleme of krisisse of omstandighede wat in ons lewens voorkom, wat
ons graag sal wil herstel.
- Sê net weer
vir mekaar wat is die kern betekenis van die simboliek oor die Godstad?
- Waarna
verwys “die sewe Geeste voor sy
troon” in Openbaring 1:4?
- Vertel van
kere in julle lewens wat dit gevoel het asof die Here julle verlaat het.
- Wat beteken:
“... die boom van die lewe. Hy dra
twaalf keer per jaar vrugte ...” (Openbaring 22:2)?
- Wat beteken:
“Die blare van die boom bring
genesing vir die nasies.” (Openbaring 22:2)?
- Wat beteken: “Daar sal nie ‘n enkele ding oorbly waarmee God ontevrede is nie.”
(Die Boodskap)
- Wat is jou
grootste honger of siekte in jou geestelike lewe?
- Waarmee is
jy nog ontevrede in jou eie lewe?
- Waarmee dink
jy is God nog ontevrede met jou?
Laat ons leef met
die volgende in ons harte: “Oorvloed-Gewer,
so opreg waardering dat U tevrede is met my!”
Moontlike antwoorde: (slegs vir die oë van die
besprekingsleier)
- Voorbeelde is: gebroke verhoudings,
siekte, oortrokke rekeninge, toetse wat geslaag moet word, ‘n probleem
sonder ‘n oplossing, bekommernis oor moeilike situasie wat hanteer moet
word nie, ens.
- God se
volmaakte teenwoordigheid is in plek in elke Jesus-mens.
- Hy is volledig
die Een wat altyd by ons is, al gebeur wat ook al.
- Hy kan nooit
weggaan of verdwyn nie. Al loop dinge hoe erg verkeerd in ons lewens, is
Hy self die Antwoord en die Voorsiening in alles in ons lewens.
- Daar is nie
meer seisoene in die Godstad nie, en die betekenis vir ons is dat die Een
op die troon van ons lewe, oorvloedig voorsien.
- Hy voorsien in
elke vorm van fisiese genesing wat Jesus-mense die nodigste het, dit is
alle vorme van honger of dors of siekte. Maar Hy voorsien by uitnemendheid
in elke vorm van geestelike genesing, dit is die voortdurende herstel en
opbou van ons intieme verhouding met Hom in ons.
- Binne die
nuut-wordende verhouding wat elke inwoner van die Godstad het, word alle
grense wat skade veroorsaak finaal verwyder en alle vooroordele teenoor
alle partye betrokke, word verwyder.
- God gee
alles en is oor alles in jou lewe tevrede.
- God gee
alles en is oor alles in jou lewe tevrede.
- Wat dit ook
al mag wees wat die vrug in jou lewe steel, Hy wil dit herstel omdat Hy alles gee en oor alles tevrede is.
Wenk aan besprekingsleier:
Wees ingestel op mekaar se antwoorde, moenie
so vooruit dink aan jou eie antwoord, dat jy nie die ander hoor nie.